We use cookies to personalise content and ads, to provide social media features and to analyse our traffic. Read more…
Tuesday
03
APR

Valiant Swart by Cocomo

20:00
23:00
Cocomo Restaurant
Event organized by Cocomo Restaurant

Get Directions

Category
#var:page_name# cover

Valiant Swart is al sedert 1990 ‘n instelling op die SA musiektoneel.

Sy eiesoortige, sielvolle blues, folk en country-rock, versny met inheemse kwela en boeremusiek, en sy bekroonde stories en lirieke, het deur die jare aan hom ‘n groot, lojale gevolg besorg. Sy treffers soos ‘Sonvanger’ en ‘Eyeshadow’ het volksbesit geword, en ‘n wye verskeidenheid kunstenaars het van sy liedjies opgeneem. Hy het letterlik duisende optredes dwarsoor Suid-Afrika en in die buiteland op sy kerfstok – van kroee en rock-feeste, tot teaters en reuse-galavertonings by Sun City, kunstefeeste en dies meer.

Valiant se solo-optredes het reeds legendariese afmetings aangeneem. Met sy akoestiese kitaar en bekfluitjie kombineer hy sy klassieke liedjies – soms aangrypend, soms hartseer, soms lig en speels en gewoon skreeusnaaks – met die vertel-styl van ‘n ware raconteur.

Maak seker dat jy nie hierdie SA musiekskat misloop wanneer hy op Dinsdag, 3 April besoek kom afle by Cocomo Restaurant in Wildernis nie.

Skakel gerus 044 877 0808 of stuur 'n e-pos na http://cocomowilderness.business.site/ vir besprekings en navrae.