We use cookies to personalise content and ads, to provide social media features and to analyse our traffic. Read more…
Thursday
19
APR

Piet Botha & Jackhammer: Die Middernagtrein R120

20:30
22:30
Die Boer
Event organized by Die Boer

Get Directions

Category
#var:page_name# cover

Sewe jaar ná sy laaste offer in Afrikaans, gaan Piet Botha Die Middernagtrein in Maart aan die wêreld bekend stel.
Hierdie album, sê Piet, “het weer terug na die old school gegaan”. Hy en die manne van sy band Jack Hammer is vars uit die ateljee waar hulle vir drie weke aan Die Middernagtrein by Wolmer Records gewerk het.
“Daar is goed in die lewe waarvoor mens nie kan weghardloop nie,” sê Piet. “Dis maar die noodlot, dís wat die middernagtrein is. Dis spookagtig, verbode, soos wanneer mens huis toe ry ná ‘n gig in die middel van die nag. Die middernagtrein is maar ‘n metafoor vir life on the road.”
Hierdie is Piet se sesde Afrikaanse album, uit ‘n totaal van sestien vollengte albums.
Aanhangers van Piet en Jack Hammer wat iets rustiger verwag het, mag dalk verras wees. Lanie van der Walt, die album se regisseur van Wolmer Records en ‘n ou lid van Jack Hammer, het saam met Jake Gunn en Johnathan Martin, weer op die snare geklim om die album nóg borshare te gee.
“Ons het aanvanklik nie beplan om hierdie album so heavy te maak nie,” sê Piet. “Die songs was almal op ‘n akoestiese kitaar geskryf, maar die hele band het vroeg in die opneemproses al besluit om die album te vul met sleutelveranderinge en baie kitare. Dít het maar net daarheen gelei, jy weet?”
Die album word tydens Piet en Jack Hammer se nasionale toer, wat in Maart in Gauteng afskop, bekendgestel. Kliek hier om te kyk na die onderhoud met Piet agter die skerms tydens die opname van die album.
Die Middernagtrein sal by alle vertonings beskikbaar wees.
Piet het onlangs by die Vonk-familie aangesluit, wat die verspreiding sal behartig. Die Middernagtrein sal vanaf April by Musica-winkels landswyd, asook op alle aanlyn-musiekplatforms, beskikbaar wees.

Venue

Die Boer

Other events hosted by

Die Boer

Other events by
Die Boer