We use cookies to personalise content and ads, to provide social media features and to analyse our traffic. Read more…
Saturday
28
APR

Valiant Swart by Evita se Perron

20:00
23:00
Sunshine Radio/Sonskyn Radio
Event organized by Sunshine Radio/Sonskyn Radio

Get Directions

Category
#var:page_name# cover

Valiant Swart is al sedert 1990 ‘n instelling op die SA musiektoneel.

Sy eiesoortige, sielvolle blues, folk en country-rock, versny met inheemse kwela en boeremusiek, en sy bekroonde stories en lirieke, het deur die jare aan hom ‘n groot, lojale gevolg besorg. Sy treffers soos ‘Sonvanger’ en ‘Eyeshadow’ het volksbesit geword, en ‘n wye verskeidenheid kunstenaars het van sy liedjies opgeneem. Hy het letterlik duisende optredes dwarsoor Suid-Afrika en in die buiteland op sy kerfstok – van kroee en rock-feeste, tot teaters en reuse-galavertonings by Sun City, kunstefeeste en dies meer.

Valiant se solo-optredes het reeds legendariese afmetings aangeneem. Met sy akoestiese kitaar en bekfluitjie kombineer hy sy klassieke liedjies – soms aangrypend, soms hartseer, soms lig en speels en gewoon skreeusnaaks – met die vertel-styl van ‘n ware raconteur.

Maak seker dat jy nie hierdie SA musiekskat misloop wanneer hy op Saterdag, 28 April besoek kom afle by EVITA SE PERRON in Darling nie.

Skakel gerus 022 492 2851 of besoek www.evita.co.za vir besprekings en navrae.

Other events by
Sunshine Radio/Sonskyn Radio