We use cookies to personalise content and ads, to provide social media features and to analyse our traffic. Read more…
Thursday
05
APR

Boekbekendstelling: 'n Luiperd in my bed deur Annelize Slabbert

18:30
19:30
Love Books
Event organized by Love Books

Get Directions

Category
#var:page_name# cover

Tafelberg ('n druknaam van NB-Uitgewers) en Love Books nooi jou uit na die bekendstelling van 'n Luiperd in my bed deur Annelize Slabbert. Annelize gaan met Ronell Bezuidenhout gesels.

Annelize Slabbert was ’n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ’n apteker. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad en verhuis sak en pak na Botswana. In die son en sand van die Sentraal-Kalahari gaan hulle ’n luukse lodge bestuur.
Min het hulle geweet wat wag.

Tussen die luiperdwyfie in die slaapkamer, die dansende Russe en “wilde diere” in die swembad, sal ’n Luiperd in my bed jou laat lê van die lag . . . en jou twee keer laat dink voor jy jou eie landelike idille aandurf.

RSVP:
kate@lovebooks.co.za | 011 726 7408

Wanneer?
Donderdag 5 April, 18:00 vir 18:30

Waar?
Love Books, Rustenburgweg 53, Melville, Johannesburg