We use cookies to personalise content and ads, to provide social media features and to analyse our traffic. Read more…
Saturday
07
APR

4x4 familie dag - Suzandi Schoeman

09:00
22:00
Mossel Bay Volkswagen
Event organized by Mossel Bay Volkswagen

Get Directions

Category
#var:page_name# cover

Sowat ‘n jaar gelede het Suzandi Schoeman se jong lewe onherroeplik verander na ‘n baie ernstige motorfiets ongeluk. Sy is vanaf die ongeluk in en uit hospitale en dra meeste van die onkostes self - alhoewel sy nie op die oomblik kan werk nie en dus nie ‘n inkomste het nie. Suzandi het ten tyde van die ongeluk in Kaapstad gewoon – maar was vir ‘n hele paar jaar deel van ons Mosselbaai Volkswagen familie waar sy onder andere ook by die diensafdeling werksaam was.

Ons is in samewerking met Safari 4x4 Campworld Mosselbaai en wil haar help om die finansiële las minder te maak deur geld in te samel vir haar baie mediese uitgawes. Daarom nooi ons u graag uit na ‘n opwindende 4 x 4 Familie dag.

Daar gaan soos gewoonlik verskillende roetes wees sowel as tegniese- en spoed afdelings. Ons het ook fantasiese pryse en gelukkige trekkings!

➢ Plek: Mullersvlei – net buite Brandwacht – Mosselbaai
➢ Wanneeer: Saterdag, 07 April 2018
➢ Tyd: Registrasie en Inskrywings begin alreeds om 8:00 (Wegspring is om 9:00)
➢ RSVP: Voor of op Woensdag, 04 April 2018
➢ Kontak: Anne-marie @ Mosselbaai Volkswagen - 087 086 5200 / 087 086 5205
➢ Koste: R300 per voertuig
➢ Middagete: Worsbroodjies en koeldrank
➢ Aandete: Braaipakke te koop.

(Aanwysings tot op Mullersvlei: Ry vanaf Hartenbos – op die Oudtshoorn pad – na ongeveer 12km draai links af by Brandwach NG Kerk – ry reguit aan vir omtrent 100m – draai links af op die grondpad – ry reguit aan vir ongeveer 8km – Mullersvlei afdraai is links – deur die groot hek – ry reguit aan tot by die stoor)

Kom geniet die dag saam met ons en bring gerus die gesin saam. Reageer asb net op hierdie epos met die aantal persone wat ons kan verwag. Daar gaan ook ‘n Springkasteel wees vir die jongspan. Vir die Volwassenes gaan daar na afloop van die dag se verrigtinge - ‘n Biertent wees met ‘n kontant kroeg. Daar sal ook ‘n “Big screen” wees vir die rugby wedstryd tussen die Lions VS Stormers. Maak seker dat u kontant saambring – aangesien daar ongelukkig nie kaart fasiliteite is op die plaas nie.

Ons het net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar – bespreek dus vroegtydig.

Kontak gerus vir Anne-Marie by 087 086 5205 vir verdere inligting.