We use cookies to personalise content and ads, to provide social media features and to analyse our traffic. Read more…
Hugenote Gedenkskool

Hugenote Gedenkskool

Augusta Kleinbosch, Dal Josafat, Paarl, 7646, South Africa

Get Directions

0845007640

Categories
Work hours Add information
About Die Hugenote Gedenkskool is op 14 Maart 1883 op die plaas De Kleyne Bos (vandag Augusta Kleinbosch) geopen as die eerste amptelike Afrikaanse skool.
Hugenote Gedenkskool cover
Description Die ideaal vir die vestiging van die Gedenkschool der Hugenoten het op 1 Februarie 1882 ontstaan nadat die Genootskap van Regte Afrikaners onder leiding van ds. S.J. du Toit "waardering" geskep het vir die rol wat moedertaalonderrig in opvoeding moet speel. Die 200-jarige herdenking van die aankoms van die Franse Hugenote in 1688 is gebruik om ‘n skool as lewende monument op te rig. Die Gedenkschool der Hugenoten is amptelik op 14 Maart 1883 in ‘n gebou wat voorheen as wynkelder gebruik is, op die plaas De Kleyne Bos (vandag Augusta Kleinbosch) geopen. Dit het moedertaalonderrig verseker vir kinders van die boeregemeenskap van Dal Josafat en Klein Drakenstein.

Die skool is volgens die oprigtingsakte die eerste skool waar Afrikaans as onderrigmedium aangewend is. D.F. du Toit (Oom Lokomotief) was die eerste onderwyser. Die skrywers J.D. du Toit (Totius), A.G. Visser en D.F. Malherbe was onder andere in hierdie klas van 1890. Die skool het later nie meer steun van die staat gekry nie en moes in November 1910 sy deure sluit waarna dit weer in 'n wynkelder omskep is en later verval het tot 'n pakkamer. Die Afrikaanse skrywer W.A. (Bill) de Klerk het in die jare tagtig die aanvoorwerk gedoen om die skool in ere te herstel. Dit is nadat die destydse Kaaplandse Helpmekaarfonds geld geskenk het om 'n ewigdurende servituut oor die stukkie grond en die bouval te registreer. Die gebou is toe met die hulp van Naspers en die Afrikaanse dagblad Die Burger, asook verskeie Afrikaanse kultuurorganisasies en Ulrich Froese (eienaar van Augusta Kleinbosch) gerestoureer. Die gerestoureerde gebou is op 25 Maart 2002 ingewy.
  • Augusta Kleinbosch, Dal Josafat, Paarl, 7646, South Africa
  • Get Directions

Similar places nearby