We use cookies to personalise content and ads, to provide social media features and to analyse our traffic. Read more…
Knitpickers Gemeenskapsprojek

Knitpickers Gemeenskapsprojek

Klipheuwel, Cape Town, 7646, South Africa

Get Directions

0824610167

Add link to website

Categories
Work hours Add information
About Knitpickers is gebore met die hoofdoel om die vroue wat woonagtig is in die Informele Nedersetting van Klipheuwel, toe te rus en te bemagtig.
Knitpickers Gemeenskapsprojek cover
Description Knitpickers is gebore met die hoofdoel om die vroue wat woonagtig is in die Informele Nedersetting van Klipheuwel, toe te rus en te bemagtig om dmv basiese lewensvaardighede soos brei en hekel, ‘n inkomste te verdien. Werksgeleenthede in Klipheuwel is baie skaars en die gebrekkige vervoersisteem in die gebied maak dit baie moeilik om werk in die naaste dorpe, Durbanville en Malmesbury te kry en te behou.
Indien enige van die vroue gewillig is om deel te word van die Knitpickers Projek en nie die nodige vaardigheid besit nie, dan maak ons van kundige vroue gebruik om hierdie vroue op te lei.
Ons leer hulle ook die belangrike beginsels wat nodig is om ‘n volhoubare inkomste te verdien, soos:-
• Stiptelikheid;
•Betroubaarheid;
•Eerlikheid;
•Uitnemendheid;
•Goedhartigheid;
•Pligsgetrouheid.

ONS STREWE
1. Om produkte te lewer wat gekenmerk word vir uitsonderlike kwaliteit;
2. Om ons projek te rugsteun met ‘n opleidingsprogram wat hoë standaarde vereis en lewer;
3. Om ons vroue te beloon met markverwante erkenning en vergoeding.

ONS NAAM
“KNITPICKERS” – die naam is afgelei van die die spreekwoordelike “nitpicking” (being fussy or pedantic). Ons kombineer “knitting” (naaldwerk [brei/hekel] en naaiwerk) met ‘n strewe tot ‘n PRODUK VAN UITNEMENDHEID.

ONS DOELWIT
Om so veel moontlik van die Klipheuwel vrouens van werk te voorsien

Similar places nearby