We use cookies to personalise content and ads, to provide social media features and to analyse our traffic. Read more…
Radio Tygerberg 104FM

Radio Tygerberg 104FM

Hoek van Fairfield & Williams street, Parow, 7530, South Africa

Get Directions

0861 104 104

Categories
Now CLOSED
Work hours
MO 08:30 – 16:30 SA 09:00 – 13:00
TU 08:30 – 16:30 SU closed
WE 08:30 – 16:30
TH 08:30 – 16:30
FR 08:30 – 16:30
About Tygerberg 104FM is die grootste Christen Gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika met daaglikse uitsendings van hoogstaande gehalte, inhoud en luistergenot.
Radio Tygerberg 104FM cover
Mission Om alle mense te inspireer en te impakteer met die verlossingskrag van Jesus Christus
Description Ons is radio.

Tygerberg 104FM is ’n Christen Gemeenskapsradiostasie wat in 1993 teen die Tygerberg geplant is en gegroei het tot die grootste en mees suksesvolle gemeenskapsradiostasie in die Wes-Kaap.

Met ‘n luistertal van 415 927 (AMPS2013A) is Tygerberg 104FM ook die grootste Christen Gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika.

Omdat die voorsiening in die spesifieke behoeftes van ons gemeenskap Tygerberg 104FM se hartklop is, is die gehalte van ons toerusting, voortdurende opleiding van ons personeel en deurbraak innovering van ons programme, musiek, promosies en advertensies daarop gefokus om lewende klanke aan die luisteraar-oor te bring.

Tygerberg 104FM se X-faktor is vervat in sy roeping “om ons luisteraars te inspireer en te impakteer met die verlossingskrag van Jesus Christus”. Ons luisteraar-gemeenskap weet presies wat hulle gaan kry wanneer hulle inskakel op Tygerberg 104FM.

Boonop is Tygerberg 104FM in Mei 2014 beloon met altesame vyf gesogte MTN Radio Toekennings, waar onder Gemeenskapsradiostasie van die Jaar. Dit is die tweede keer in drie jaar dat Tygerberg 104FM wegstap met dié gesogte titel. Dié rekord getal toekennings span die kroon op die radiostasie se groei en vordering die afgelope 21 jaar. Tygerberg 104FM vier op 30 Augustus 2014 sy mondigwording en ons is trots daarop dit hy dit kan doen as Gemeenskapsradiostasie van die Jaar 2014.

Tygerberg 104fm. Ons lééf Christus!
Awards Tygerberg 104FM spog met altesame výf MTN Radio Toekennings in 2014!

- Vuurvas se Anton Treurnich as Beste Middagprogram Aanbieder;
- Bonanza se Benescke Janse van Rensburg as Beste Gemeenskapsaanbieder;
- Karien Basson van Vuurvas as Bright Star;
- Mandela Dag Projek “Plak ‘n pleister op armoede” as Beste Gemeenskapsprojek;
- En om als te kroon is TYGERBERG 104FM aangewys as GEMEENSKAPSRADIOSTASIE VAN DIE JAAR!

Tygerberg 104FM – Hier’s dit lekker!
  • Hoek van Fairfield & Williams street, Parow, 7530, South Africa
  • Get Directions

Similar places nearby